Golden Gate-brug

Die Golden Gate-brug.
Die brug verdwyn in digte somermis
Die brug se ligging.

Die Golden Gate-brug is 'n brug oor die San Franciscobaai in Kalifornië in die Verenigde State van Amerika. Die 2 824 meter (9 266 voet) lange brug strek van San Francisco na Marin County. Bouwerk het in 1933 begin en dis in 1937 vir verkeer oopgestel. Na voltooiing was dit die langste brug ter wêreld, maar vandag is daar verskeie brûe wat langer as dit is.

Die Golden Gate-brug is een van sewe projekte van siviele ingenieurswese wat deur die American Society of Civil Engineers (ASCE) as die "Sewe Wonders van die Moderne Wêreld" aangewys is.[1][2]

  1. "www.asce.org: Seven Wonders. Besoek op 5 Junie 2016". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Augustus 2010. Besoek op 2 Augustus 2010.
  2. ASCE News If You're Going to San Francisco for a Day. Besoek op 5 Junie 2016[dooie skakel]

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search